MAINE se jongste aartappeloes in die VSA was so groot dat spoorweë vir die eerste keer in 40 jaar gebruik is om dit te vervoer. Die 2021-oes het geskiedenis gemaak vir sy grootte - 'n sowat 20% groter opbrengs as normaalweg, danksy byna perfekte groeitoestande.